Aksent maak Vosloo die ‘perfekte skurk’

Arnold Vosloo

Arnold Vosloo se Suid-Afrikaanse aksent het glo deure vir hom oopgemaak in Hollywood.

Sy aksent maak hom glo die “perfekte skurk” vir rolprente. “Hy het ‘n sterk beenstruktuur en natuurlik die aksent… nie een van jou top skurke praat ooit met ‘n tipiese Amerikaanse aksent nie,” het Regardt van den Bergh, ‘n regisseur wat al saam met Vosloo gewerk het, aan die Sunday Times gesê. Van den Berg het Vosloo in 1983 ‘n rol aangebied in die rolprent “Boetie gaan Border toe”. “Ten spyte van sy tipiese rolle, is Vosloo ‘n ernstige akteur. Ek is seker hy sal graag ‘n rol wil vertolk om sy talent te vertoon.”

Vosloo se eerste groot rol in ‘n Hollywood-rolprent was vir “The Mummy” en sy opvolgprent. Hy is tans in “GI Joe: Retaliation”, wat reeds meer as R1 miljard verdien het, te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.