Akteur Johan van der Merwe: Begrafnisreëlings

Johan van der Merwe

Die akteur Johan van der Merwe is Dinsdagoggend op ʼn 62-jarige ouderdom oorlede. Johan is sowat ʼn maand gelede in die hospitaal opgeneem ná ʼn hartaanval en dit het glo erge skade aan sy hartspier veroorsaak. Johan het bekendheid verwerf vir sy rol as Jan in die reeks Nommer Asseblief. Hy is tans in die reeks Parys Parys op kykNET te sien as die karakter Oom Tjoppie.

Sy dogter, Mart-Marie van der Merwe, het aan Maroela Media gesê sy roudiens vind op 10 Augustus vanuit die NG kerk Pretoria-Oos, Hatfield, naby Loftus Versfeld plaas. Die diens begin om 09:00. Verversings sal na die diens in die kerksaal bedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.