Akteur vas oor aanranding

‘n Bekende akteur is Saterdagaand in Honeydew, Johannesburg, in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie aangerand het.

“Die akteur het na bewering sy meisie, wat in haar laat 20s is, geklap,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie in Johannesburg, gesê. Die twee het Saterdagaand glo in ‘n argument betrokke geraak. “Die polisie is na die toneel ontbied waar die verdagte in hegtenis geneem is.”

Die 45-jarige man se naam kan nie bekendgemaak word totdat hy in die hof verskyn het nie. Hy sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Roodepoort verskyn op aanklag van aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MARTHIE ·

wat gaan aan dink die mense hulle is deurskynend draai eerder om en loop weg as om dit te doen al wat ek kan se is sies skaam jou en vra vergifenis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.