Akteur vra streng vonnis vir sy pa se moordenaars

Pedro Camara

ʼn Voormalige 7de Laan-akteur het die hof Dinsdag gevra om geen genade te toon as sy pa se moordenaars gevonnis word nie.

Pedro Camara, wat Carlos gespeel het in die sepie 7de Laan, het Dinsdag in die Worcester-streekhof verskyn om ter verswaring van vonnis te getuig.

Camara se pa, Abel (69), is op 29 Desember 2007 doodgeskiet toe hy besig was om sy kroeg in Rawsonville te sluit. Ashley Manukula (22), Samora Manisi (27), Thanduxo Khohlakali (28) en Alie Mpumlo (27) is kort na die moord in hegtenis geneem. Manisi, Manukula en Mpomlu is skuldig bevind aan moord en gewapende roof. Khohlakali is onskuldig bevind op al die aanklagte.

“Lank nadat die bloed weg gewas is en die koeëlgate toegepleister is, bly daar steeds gate in ons siele,” het Camara getuig.

Die drie mans sal na verwagting Donderdag gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.