Aktivis “kruisig” brandende Barbie

Die Aktivis van Femen. FotoL REUTERS/Pawel Kopczynski

Verrigtinge om die opening van Barbie se lewensgrootte pophuis in Berlyn, Duitsland, te vier, was van korte duur nadat aktiviste Donderdag buite dié huis betoog het.

ʼn Vrou, wat vermoedelik ʼn lid is van die groep Femen, het met ʼn kaal bolyf op die reuse fontein, wat in die vorm van ‘n hakskoen is, voor die hoofingang geklim en ‘n gekruisigde Barbie-pop aan die brand gesteek en rondgeswaai. Die groep voer aan die gebou is seksistiese propaganda. Betogers het gesê die reuse pophuis en “plastiese Barbie-afgode” bevorder ‘n “ongesonde obsessie met skoonheid” by kinders.

Maroela Media het Donderdag berig dat die deure na Barbie se pienk pophuis geopen is. Die huis is sowat 1 400 vierkante meter. Gaste kan Barbie se droomhuis beleef van haar kombuis tot haar sitkamer. Besoekers kan selfs in haar klerekas rondkrap en van haar klere aanpas. Die huis sal tot 25 Augustus in Berlyn wees voordat dit die res van Europa sal toer.

Klik hier om foto’s van die huis te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.