Aktrise Joan Fontaine sterf

Joan Fontaine

Joan Fontaine

Joan Fontaine, die aktrise wat ʼn Oscar-toekenning vir haar rol in Alfred Hitchcock se Suspicion gewen het, is Sondag in die ouderdom van 96 oorlede.

Fontaine, wie se regte naam Joan de Beauvoir de Havilland was, het weens natuurlike oorsake by haar huis in Carmel in Kalifornië, Amerika, gesterf.

Sy het ook nominasies ontvang vir haar rol in Hitchcock se Rebecca (1940) en drie jaar later vir The Constant Nymph van Edmund Goulding. Sy het die Oscar-toekenning vir Suspicion in 1942 ingepalm.

Sy was veral bekend vir haar verbete stryd met haar meer bekende ouer suster, Olivia de Havilland. De Havilland het twee Oscar-toekennings verwerf, hoofsaaklik vir haar rol as Melanie in Gone with the Wind (1939).

Die twee susters het dus die volgende behaal: Fontaine, drie Oscar-nominasies en een wen; De Havilland, vyf nominasies en twee Oscars.

De Havilland, nou 97, woon in Parys, Frankryk.

Joan Fontaine

Joan Fontaine

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.