‘n Videogreep uit That ’70s Show volg onderaan die berig. Lisa Robin Kelly, voormalige aktrise van That ’70s Show is Woensdag in die ouderdom van 43 oorlede.
Volgens TMZ is die aktrise by ‘n rehabilitasiesentrum in Kalifornië in haar slaap oorlede. Haar agent het aan TMZ gesê Kelly het haarself vroeër die week vrywillig by die sentrum ingeboek. “Sy sukkel al ‘n ruk lank en het uiteindelik die stryd verloor.”
Kelly is hoofsaaklik bekend vir haar rol as die losbandige Laurie Forman op FOX se That ’70s Show, alhoewel sy onlangs ook die plaaslike media gehaal het vir ‘n reeks dronkbestuur- en aanrandingsklagtes.