Die aktrise Sandra Ferreira is Donderdagoggend oorlede.
“Dit klink my sy het ʼn bloedklont ontwikkel ná ʼn operasie,” het die aktrise Lizz Meiring op haar Facebook-blad bevestig.
Ferreira het in talle rolprente soos Nag van die Negentiende verskyn. Sy was ook in verskeie TV-reekse soos Onder draai die duiwel rond, Plek van die Vleisvreters en Song vir Katryn te sien.
Sy was ongetroud.
“Rus in vrede, liewe Sandra. Ek eer jou sonderlinge talent en jou deernisvolle menswees,” het Meiring gesê.
So hartseer……onse Heer kap in ons bos….al die ouer garde is besig om te gaan….innige simpatie aan naasbestaandes….
Baie jammer om dit te hoor, dit is baie skielik
Baie jammer om van haar dood te hoor, dit is baie skielik, ons meegevoel met haar familie
Rus in Vrede Sandra.
Ai, rus in vrede Sandra! Jou stem is stil, en jou plek leeg!!!
Rus in vrede, Sandra. Ons sal jou geweldig mis. Sterkte aan familie en vriende