Aktrise se dood eers maand later bekendgemaak

Christine White as Carol McCoy in die 1973-rolprent, Magnum Force.

Die nuus oor die dood van die 86-jarige Christine White is pas bekendgemaak, nadat sy reeds op 14 April in ‘n tehuis vir bejaardes in Washington DC in Amerika oorlede is.

White het in meer as 50 rolprente opgetree, en veral haar optredes in rolprente soos Father Knows Best, Alfred Hitchock Presents, Perry Mason, Bonanza en The Fugitive het haar bekendheid laat verwerf. Sy het veral groot lof gekry vir haar spel in die Twilight Zone episode, “Nightmare at 20,000 Feet”.

White sal ook onthou word vir haar vriendskap met die akteur, James Dean. Sy het hom ontmoet toe sy as tikster vir Dean se agent gewerk het, en Dean haar ‘n filmtoets laat aflê het. Hulle het lewenslank vriende gebly. Dean, wat ‘n kultusfiguur geword het, is in 1955 oorlede.

In 1976 het sy in ‘n TV-rolprent oor die lewe van Dean gespeel, en die rol van die sekretaresse vertolk wat sy was toe sy hom ontmoet het. White het ‘n bekende in Christelike kringe in Washington geword, en later heeltemal uit die openbare oog getree. Selfs haar vriende kon haar nie opspoor nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.