Al 5 vermiste rugbyspelers nou opgespoor

Die foto is kort na die tragedie in Blouwaterbaai geneem. Foto: NSRI

Die liggaam van die vyfde rugbyspeler wat op 25 Maart in die see by Port Elizabeth vermis geraak het, is Saterdag by Sondagsriviermond opgespoor, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

“Al vyf liggame is nou opgespoor en ons het die soektog afgesluit,” het kaptein André Beetge gesê. Die Motherwell Rugbyklublede is deur sleurstrome die diepsee ingetrek. Lewensredders het in totaal 15 persone gered. ʼn Lid van die rugbyspan is na die strand teruggeneem, maar hy is op die toneel dood. Die span het glo ná ʼn rugbyoefening in die see gaan afkoel. Die eerste liggaam van die vyf vermiste rugbyspelers is Donderdag by Ngqura-hawe opgespoor en drie liggame is Vrydagoggend ook naby Ngqura-hawe opgespoor. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.