Al die matrieks druip by 2 Limpopo-skole

Argieffoto

Argieffoto

Die koerant The Star het Vrydag aangevoer dat Dikeledi Magadzi, die LUR vir onderwys in Limpopo, se bewerings, dat geen skool in haar provinsie ʼn 100%-matriekdruipsyfer ontvang het nie, vals is.

“Nee, ons het nie ʼn skool waar almal gedruip het nie, maar ons het skole wat treurig presteer het,” het Magadzi Dinsdag by ʼn perskonferensie gesê.

Haar departement het Woensdag egter aangekondig dat al die matrieks in twee skole in Limpopo hul eksamens gedruip het.

“Al 23 leerlinge aan die Seemole Marabe Sekondêre Skool in Ga-Mashashane en agt matrikulante by Mantlhanyane Sekondêre Skool in Sekhukhune het gedruip,” het Phuti Seloba, woordvoerder vir die departement, gesê.

Seloba het egter aan die koerant gesê dat Magadzi nie bewus was van die twee skole nie en dat amptenare van die departement haar nie daaroor ingelig het nie.

“As die onderwysdepartement neem ons volle verantwoordelikheid vir wat die LUR gesê het,” het Seloba glo gesê.

Limpopo het provinsiaal tweede slegste gevaar met sy 71.8% matriekslaagsyfer vir 2013.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Demokraat ·

Die LUR vir Onderwys in Limpopo is merkbaar nie baie op die hoogte van onderwys-sake in sy provinsie nie. Sekerlik is die druipelinge ook van dié skole wat dalk nog nooit vir meer as ‘n jaar lank nooit enige skoolboeke ontvang het nie. En dan laat weet minister Pandor vir die ganse land hoe goed die ANC regeer het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.