Al-Shabaab dreig met nóg aanvalle

kenia bloedbadDie militante groep, Al Shabaab, wat erken het dat hulle vir die Westgate-bloedbad in Kenia verantwoordelik is, het met nóg aanvalle gedreig indien Kenia nie dadelik hul troepe in Somalië onttrek nie.

“Indien nie, weet dat hierdie net ’n voorsmakie is van wat ons sal doen… julle kan donker dae verwag,” het ’n Al-Shabaab-woordvoerer, Ali Mohamud Rage in ’n klankgreep gesê.

Keniaanse magte het die suidelike dele van Somalië twee jaar gelede ingeval om Somaliese magte te ondersteun en Al-Shabaab-basisse aan te val. Die Keniane het later by die Afrika-Unie-troepe aangesluit.

Intussen is daar vrese dat die dodetal by die Westgate-winkelsentrum, wat tans op 62 geraam word, kan toeneem nadat die Al-Shabaab gespog het dat talle slagoffers se liggame nog in die winkelsentrum lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaco ·

Eintlik weet ek nie hoe om kommentaar te lewer hierop nie. Dit is net jammer dat die Islamietiese “wereld” onskuldige slagoffers laat opdok vir hulle protes aksies. Miskien moet Barac maar by die VN om hulp gaan aanklop en die oorlog van Irak na middel Afrika toe verskuif en die terroriste groepe opdons, ten minste kan ons dan finansieel daaruit baat, veral in ag geneem dat SA se betrokkenheid by die EWO ons uit die depressie jare gehelp het. Maar ek dink nie die is ‘n oorlog wat ons gaan wen nie……net so min as plaasmoorde en geweld teen vroue en kinders in SA

cais smit ·

Julle weet seker nie hoeveel geld kry die moslems van die weste af nie,as hul al daai geld sny sal jy darm elende sien in die oosste

akram ·

Ek is gekant teen die geweld. Maak nie saak wie vir wat verantwoordelik is nie, ek kan nie geweld goed praat nie. Dit is ook die gevoel van die meerderheid van Muslims. Soos ek al vroeer gese het, die groep wat die oorlog goed praat is by verre die minderheid. Dit plaas ons in n situasie waar baie teen Islam is, maar die wat teen geweld is, is baie, van die ongeveer 1 biljoen Muslims, glo ek die ekstrimiste is maar n druppel in die emmer. Die invloed wat daai druppel het is geweldig baie. Een eetlepel diesel kan n hele skip se drink water nutteloos maak. Ek kan my self nie sien met n klomp springstof om my pens nie. Ek sal heelwat moet he om om my middel te kom. En dan na n plek te gaan en my self opteblaas. En dan na die hemel gaan en daar wag 72 maagde vir my. Maggies, hoe lank gaan dit my vat om 72 vrouens optelei en te leer hoe ek dinge gedoen wil he? Ek sukkel nou met 3 vrouens in my huis,een vrou en 2 dogters, so hoe gaan dit in die hemel wees……. Die ekstrimiste is so ingesetle in die gemeenskappe, regoor die wereld, dat dit moeilik is om hulle te identifiseer. Vir my om vergelding te soek oor iets wat iemand gedoen het, is net nie aanvaarbaar nie. Ona kan net bid en vra dat die booswigte se harte herstel sal word en dat hulle ook die mooi in die lewe kan sien.

Erich Goosen ·

Ek dink nie dis te vergesog om te verwag dat hierdie tipe sinnelose aanvalle ook binne ons landsgrense kan gebeur nie. Ons beheermaatreels by lughawens steek swak af by ander lande en mense met vervalste paspoorte kom te maklik deur ons hekke. Sekuriteit by winkelsentrums is die beste van tyd ook maar eina en ek weet nie of ons spesialis veiligheidsmagte opgewasse is as ek die leierskap van die SAPD so kyk nie. Ek hoop maar ek is onnodig swartgallig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.