Alberton-kragtoevoer dalk vandag herstel

Skakelaars by die substasie in Alberton.

Elektrisiteitstoevoer behoort teen Maandagmiddag in Alberton herstel te wees nadat die gebied al sedert Woensdag sonder elektrisiteit is.

Sam Modiba, die Ekurhuleni-munisipaliteit se senior kommunikasiebeampte, het Sondag in ʼn verklaring gesê tegnici skakel tans die kragtoevoer stelselmatig aan en na beraming sal al die gebiede teen Maandagmiddag weer krag hê. Alberton-Noord, Florentia, New Rudith, South Crest en Alberton se sentrale sakegebied, word deur die onderbreking geraak.

Hy het ook gesê die hele Truidaweg-substasie word opgeknap en werk by die stasie behoort in Maart voltooi te wees.

Die onderbreking is veroorsaak nadat weerlig die substasie onlangs getref en verskeie skakelaars beskadig het. Die skakelaars is Woensdag omstreeks 15:00 geblaas.

Lees ook:
Burgemeester praat oor Alberton-kragprobleem
Alberton al dae sonder krag; meer lê voor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.