Alberton-man moor glo dogter, skoonseun

ʼn 75-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem vir die moord op sy dogter en die se man, in Alberton aan die Oos-Rand.

EWN berig die polisie bevestig dat die man erken het dat hy die paartjie doodgemaak het na hulle glo stry gekry het. Kevin McGuirk, ʼn Ierse burger, en sy Suid-Afrikaanse vrou, Kim, se liggame is Dinsdagoggend op hulle slaapkamer vloer gevind. Die polisie vermoed hulle is reeds Maandagaand vermoor. ʼn Polisiewoordvoerder, Manaka Raphulu, sê die man het glo ʼn wapen uitgeruk en op die paartjie begin skiet. Hulle is op die toneel dood. Die man sal na verwagting Donderdag in die Alberton landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.