Alex Ferguson kondig uittrede aan

Sir Alex Ferguson

Sir Alex Ferguson, wat vir 26 jaar lank aan stuur van sake by Manchester United-sokkerklub was, het Woensdag sy uittrede aangekondig.

Manchester United het op hul webtuiste bevestig dat Ferguson (71) aan die einde van die seisoen gaan aftree.

“Die besluit om uit te tree is een waaroor ek baie gedink het en dit is nie ʼn besluit wat ek ligtelik opneem nie. Dit is die regte tyd,” het Ferguson gesê.

“Ek moet hulde bring aan my familie, hul liefde en ondersteuning was noodsaaklik. My vrou Cathy is die sleutelfiguur in my loopbaan.”

Hy sê dit was vir hom belangrik om die klub op ‘n hoë noot af te sluit en hy glo hy het dit gedoen.

Ferguson het die leisels in 1986 as afrigter oorgeneem waarna die klub verskeie suksesse behaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.