Alexander die Grote dalk vergiftig

Alexander die Grote

Alexander die Grote

Alexander die Grote, wat meer as 2 000 jaar gelede kort voor sy 33ste verjaarsdag dood is, is dalk vergiftig.

ʼn Span navorsers van Nieu-Seeland het pas dié inligting in die joernaal, Clinical Toxicology, bekend gemaak. Die simptome van Alexander se siekte, in die 12 dae nadat hy siek geword het en voor hy dood is, kom ooreen met die simptome van vergiftiging deur die Veratrum album-plant. Die navorsers glo die moordenaars het wyn van die plant gemaak, dit versoet en met regte wyn gemeng.

Alexander het siek geword terwyl hy aan ‘n deurnag-drinkorgie in Babilonië deelgeneem het.

Die bevindings word egter reeds deur ander kenners betwis, wat meen die simptome van dié soort vergiftiging was destyds so bekend dat Alexander se dokters ongetwyfeld ‘n positiewe diagnose sou kon maak.

Die volledige artikel in Discovery.com kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henk Venter ·

So en die punt is? Hierdie ou is 2000 jaar terug oorlede. Ek neem aan die ou wat hom dan nou sou vermoor het is ook reeds oorlede? Wat is die punt dan nou presies om iets van die aard van 2000 jaar terug te ondersoek? Ondersoeke wat so terloops al seker ook 2000 keer gedoen is. Of het dit iets met ‘n versekering eis te doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.