Alkohol-gebruikers se doppie dalk geklink

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Maandag, by ʼn vergadering van die Wêreldgesondheidsorganisasie in Boksburg, talle planne wat die regering beoog rondom die verbruik van alkohol, bekendgemaak.

Volgens Motsoaledi poog die regering om die wettige ouderdom vir alkoholgebruik van 18 na 21 te verhoog. Hy het bygevoeg dat motoriste moontlik eersdaags glad nie sal mag bestuur indien hulle enige hoeveelheid alkohol in hul bloedstroom het nie. Daar word ook beplan om drankverkope op Sondae in Gauteng te verbied.

Die minister het dié planne, wat reeds in 2011 voorgelê is, by die vergadering beklemtoon. Die regering oorweeg glo díe stappe om toe te sien dat alkoholverbruik afneem en die planne is glo reeds in ʼn gevorderde stadium.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sampie ·

Klomp grap gatte, hulle kan nie eers die kinders op skool beheer wat seks het nie, elke tweede tiener is verwagtend, hoe gaan hulle nou die plannetjie deurgevoer kry. Seker weer een wat op kantoor gesit en slaap het, toe wakker geword het met hierdie idee wat uit ‘n droom kom, nou moet dit skielik op almal onder 21 afgeforseer word. Een van die dae is als weer in vlamme, want sekeres moet mos als vernietig as hulle nie hulle sin kry nie. Minister van gesondheid nogal, jou gat aaron. Kry ‘n besem en gaan vee die strate, wonder of jy daarvoor bevoeg is…..

Wentzel ·

Ek wil saam met Sampie staan, ‘n klomp grap gatte, hulle is totaal onbevoeg om die land te bestuur, alles is in wanorde en ek dink die skaap wat die voorstelle maak moet hom liewers bepaal by sy hospitale wat ten gronde gaan en groot mense uitlos, verhoog die wettige ouderdom want die jonger mense moet verantwoordelikheid aanleer as hulle wil kuier! Aaron jy is net so damn stupid soos die res van die regering!

Poppie ·

Nee wat hul kan gerus die drankwinkels toe maak op n Sondag. Waar s di jare dar die drankwinkels op n Saterdag 3hOO gesluit het tot Maandag. DIt kan gerus weer gebeur.. mense wat alkohol gebruik word “varke” as hul gedrink is. Veral by Pubs raak die motorfiets ryers baie agresief. Dankie aan die Minister

honda cbf1000f ·

ey poppie moenie almal van ons onder een kamp skeer nie. No. 2 ek het al gesien dat die blind cage drivers erger is as ons bikers so asseblief kry jou fyte agtermekaar

Erika ·

‘n Jong meisie kan op 12 ‘n aborsie kry? Wettig seks hê, maar laat sy of hy nou net drink!! Ek voel as jy wil suip soos ‘n vis, doen dit in jou huis, as dit jou “dronk” maak gaan bad pasop dat jy nie dalk versuip nie, maar gaan bad en gaan slaap jou roes af!! Dalk is ek verkeerd, maar ek voel mense wat by Pubs gaan sit en suip, en bestuur is jy baie selfsugtig. Ek het niks teen mense wat drink nie, maar moenie self bestuur as jy gedrink het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.