Alle leerders in Olifantshoek moet graad herhaal

Alle graad 1 tot graad 11 leerders in Olifantshoek in die Noord-Kaap moet volgende jaar hulle grade herhaal.

Sidney Stander, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, sê dit was onmoontlik vir die leerders om te slaag aangesien hulle vir nagenoeg ses maande nie by die skool was nie. Ouers en inwoners van Olifantshoek het nagenoeg 2 500 leerders verbied om skool te gaan as deel van ʼn diensleweringbetoging en ʼn veldtog teen die burgemeester Maria Diniza. Stander sê beplanning vir die 2013 skooljaar is in ʼn gevorderde stadium. Die DA in die provinsie sê intussen dat hy die provinsiale wetgewer sal nader en die LUR vir onderwys Grizelda Cjiekella sal vra om hulle planne om seker te maak dat die 2013 skooljaar vlot verloop, te verduidelik. Allan Grootboom, woordvoerder vir die DA, sê die departement se besluit dat alle leerders hulle graad moet oordoen is onregverdig teenoor leerders wat moontlik vir die eindeksamen geleer het. “Die leerders moes minstens die geleentheid gekry het om die eindeksamen te skryf.” Grootboom sê die departement se besluit het tot gevolg dat olifantshoek volgende jaar geen matriekleerders sal hê nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Beukes Geldenhuys ·

So paar jaar terug het ek en my pa die Richtersveld gaan verken. Ons ry toe deur die stink dorp en was so naar dat ons nie eens wou stop om `n koeldrank te koop nie. Die kinders het vroeg-dag al die strate vol gedrentel. Hulle het nie toe al gestaak oor die duidelike tekort en agteruitgang aan dienslewering nie. Gaan stem maar weer vir die ANC mense van Olifantshoek – en so verongeluk julle julle kinders se lewens terwyl jul steeds vir die fat cats stem… al die kante toe is jul bloot groot verloorders

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.