Alle SAUK-programme gekanselleer

mandela saukAlle programme en advertensies is regoor alle kanale van die SAUK opgeskort vir huldeblyke aan Nelson Mandela, berig City Press.

“Dit was nog altyd die plan,” het Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, aan City Press gesê. “Die drie kanale sal dieselfde beeldmateriaal uitsaai van huldeblyke en dokumentêre programme. Ons sal ook van verskillende lokale uitsaai om boodskappe van leiers en mense te kry. Dit is al wat saak maak vir die volgende paar dae.”

Volgens City Press kan dié opskorting tot 48 uur of langer duur.

Intussen het Ster-Kinekor en Nu Metro ook aangekondig dat daar vir die volgende 24 uur geen vertonings sal wees van die rolprent, Mandela: Long Walk to Freedom, nie.

Primedia het ook aangekondig dat alle advertensies opgeskort sal word op sy onderskeie radiostasies wat Talk Radio 702, 94.7 Highveld Stereo, 567 Cape Talk en 94.5 Kfm insluit.

Kagiso Media, eienaars van East Coast Radio, Heart FM, OFM, Jacaranda FM, iGagasi FM en Kaya FM het ook in hul voetstappe gevolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eben ·

Aggg neeeee ….. nou mis ek vanaand se episode van 7de Laan!!

Gelukkig kan ons die 7’s more volg !

Hesta ·

En ek Villa Rosa en Binnelanders!!!! Dis sommer strooi – niemand moet met ons vermaak inmeng nie. Good for them as hulle Mandela wil kyk – skep dan kanaal daarvoor!!! Dis nie asof ons hom geken het nie!!!

Anon ·

Hulle is regtig besig om die storie in ons kele ag te druk. Gelukkig HOEF ek dit nie te kyk nie. Sit net my tv af so maklik soos dit. Gelukkig word die DSTV kanale nie beÏnvloed nie. Alhoewel na elke fliek hulle sy goed wys. Mense sterkte ons gaan nog laaaaaank hierna moet kyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.