“Alles gaan reg wees, my dogter” sê ‘verkragter’

Booi en Rodgers Makhubela Foto: Veli Nhlapo, SowetanLIVE

Booi Makhubela en sy seun, wat van 40 klagtes van verkragting beskuldig word, het Maandag in die hof verskyn.

Makhubela (50) en sy seun, Rodgers (26) staar 40 klagtes van verkragting, aanranding, roof en ontvoering van 10 vroue in die gesig. “Moenie bekommerd wees nie, my kind. Alles gaan reg wees,” het Makhubela aan sy 14-jarige dogter gesê.

Regter Roland Sutherland het Maandag slegs vier van die 10 sake teen die Makhubelas, wat hulsef in Johannesburg en Pretoria as taxibestuurders voorgedoen het, hanteer. Die Makhubelas het alle getuienis teen hulle as “belaglik” afgemaak, berig SowetanLIVE. Die twee voer aan dat meeste van die vroue, wat hulle beskuldig het, prostitute was en ander het glo ingestem om seks met hulle te hê.

Sutherland sê die getuienis teen die beskuldigdes is geloofwaardig en kan vertrou word.

Die seun het getuig dat hy slegs een vrou, in opdrag van sy pa, verkrag het, en dan nege ander vroue tot seks ingestem het. Sy pa ontken dit.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.