Ambassade help vermoorde SA-man se familie

Foto: EWN

Die Suid-Afrikaanse ambassade in Thailand het Maandag gesê hoewel hulle die familie van die vermoorde Oswald Heinrich Duvel bystaan, hulle nie gevra is om na sy vermiste kind te help soek nie.

Maroela Media het vroeër berig Duvel (50) se liggaam is verlede Sondag langs ‘n oop graf in Saraburi, noord van Bangkok, opgespoor. Hy is drie keer geskiet en het slegs sy onderbroek en horlosie aangehad. Sy eksvrou, Karachin Duvel, en twee ander mense is in verband met die moord in hegtenis geneem. Hy was glo met sy eksvrou in ‘n bittere stryd gewikkel om toesig oor sy seuntjie te bekom voor hy vermoor is.

Volgens Velelo Kwepile, ʼn woordvoerder van die ambassade, het beamptes met Duvel se familie in verbinding getree. “Die familie het nie die kwessie oor die vermiste kind opgebring nie,” het Kwepile gesê, berig EWN.

Daar word vermoed dat die kind by een van sy ma se familielede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.