Ambulans gekaap

ʼn Ambulans wat aan Tshwane Metro behoort, is Dinsdagaand in Pretoria-Wes gekaap.

Volgens adjudant-offisier Wanda Olivier, woordvoerder van die Wonderboompoort-polisie, het twee gewapende mans die twee nooddienswerkers op die hoek van DF Malanrylaan en Soutterweg in Pretoria-Wes gekaap. “Die beamptes is uit hul wit Toyota Quantum forseer. Die kapers het met die ambulans weggejaag. Gelukkig is niemand tydens die voorval beseer nie,” het Olivier gesê.

Volgens Olivier ondersoek die polisie die kaping. Hulle het ook ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om op die uitkyk vir dié ambulans te wees. “Daar staan ‘Integrated Community Development’ op albei voordeure van die voertuig,” het sy gesê.

Inligting oor die ambulans kan per SMS na 32211 gestuur word, of kontak sersant Janie Swart by 079 895 0667.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.