Ambulans toe ook in ongeluk

ʼn Ambulans wat ʼn beseerde man vervoer het, het Sondagoggend op die N2 in Idutywa, Oos-Kaap, omgeslaan, het die provinsiale departement van gesondheid gesê.

“Die pasiënt het reeds beserings in sy vorige ongeluk opgedoen, en het nou selfs meer beserings opgedoen. Die paramedici in die ambulans is ook beseer,” het woordvoerder Sizwe Kupelo gesê. Die ambulans het om ʼn draai gegaan voor dit gegly en omgeslaan het. “Ons vermoed dat ongeluk gebeur het weens die toestand van die pad. Dit het gereën en die pad was glad en nat.” Die pasiënt se motor het op dieselfde pad omgeslaan. “Vyf mense is in die vorige ongeluk beseer. Dit blyk dat daardie ongeluk ook weens die toestand van die pad plaasgevind het. Wanneer dit reën of selfs net motreën is daar ʼn hele aantal ongelukke op die pad tussen Mthatha en Oos-Londen.” Daar was vier ander ongelukke Sondag op dié pad, en al die ongelukke het binne ʼn uur van die ander gebeur. Niemand is in dié ongelukke beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.