AMCU- hofsaak uitgestel

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

ʼn Aansoek van minagting van die hof deur Anglo American Platinum (Amplats) teen die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) is Vrydag in die arbeidshof uitgestel.

Mpumi Sithole, ʼn woordvoerder van Amplats, het Maandag gesê die hof het beveel dat Amcu voor 27 Februarie deur middel van beëdigde verklarings moet reageer voordat die saak weer op 5 Maart voorkom. Sithole het gesê die vakbond het voor Vrydag reeds ʼn week gehad om skriftelik te reageer, maar het versuim om dit te doen.

Volgens die Business Report wil Amplats 39 leiers van Amcu beboet of tronk toe stuur vir minagting van die hof.  Dit sluit onder andere Joseph Mathunjwa, Amcu se leier, en Jimmy Gama, die nasionale tesourier, in.

Amplats beskuldig Amcu van die verontagsaming van stakingsreëls wat op 24 Januarie deur die hof aan hulle oorhandig is.

Volgens die reëls is Amcu en sy lede verbied om met besigheid by Amplats in te meng, werkende personeel te intimideer of skade aan Amplats se eiendom aan te rig.

Amcu-lede staak al sedert 23 Januarie by Lonmin, Anglo American Platinum (Amplats) en Implats. Hulle dring aan op ʼn basiese intreevlaksalaris van R12 500 per maand.

Lees ook:
Amcu-staking duur steeds voort
Amcu-staking: Amplats dagvaar vir miljoene
AMCU-staking: Onderhandelinge met KVBA hervat
Platinumfirmas gaan KVBA glo alleen raadpleeg
Amcu-betoger glo deur polisie doodgeskiet
Amcu-lid vas vir saakbeskadiging
Amcu-staking: Lede gaan nuwe aanbod verwerp
Amcu-staking: Laaste dag van gesprekke
Amcu-staking gaan voort
Amcu-onderhandelings duur voort
Amcu-staking: Drama by Amplats
Partye vergader op dag twee van Amcu-staking
Amcu stem in tot verdere onderhandelinge
Amcu-staking: “Lonmin het busse gestop”
Stakende mynwerkers kom by Marikana-stadion byeen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.