Amcu kry onderhandelingsmag by Lonmin

Lonmin het ingestem om drumpelregte aan die vakbond, Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), toe te staan en sodoende die mededingende vakbond National Union of Mineworkers (NUM), uit kollektiewe bedinging uit te sluit.

Die Business Day het Maandag berig Lonmin het tydens onderhandelinge met die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ingestem om die drumpelregte van 35% vir basiese regte en 45% vir kollektiewe bedinging toe te staan aan voltydse vakbondverteenwoordigers.

Abey Kgotle, hoof van Lonmin se menslike hulpbronne, het gesê die regte van die meerderheid vakbond sal op 50% bly staan.

ʼn Vakbond sal hierdie vlakke van verteenwoordiging in die arbeidsmag moet kan behaal om die spesifieke regte te geniet.

Amcu verteenwoordig tans 70% ongeskoolde werkers en masjien-operateurs in die bedingingseenheid. Dit beteken dat NUM nie organisatoriese regte onder die lae-geskoolde werkers het nie. Na wat berig word verteenwoordig NUM slegs 20% van die mynwerkers by Lonmin.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.