Amcu-lid vas vir saakbeskadiging

Amcu-lede verlede week in Marikana Foto: @ewnreporter op Twitter

Amcu-lede verlede week in Marikana Foto: @ewnreporter op Twitter

ʼn Man is Saterdagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn motor met ʼn knopkierie beskadig het tydens ʼn betoging in Noordwes.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê die 26-jarige Amcu-verteenwoordiger sal Maandag in die Bafokeng-landdroshof verskyn op aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging. “Nagenoeg 20 Amcu-lede het paaie versper en die ingang na die Impala Mineral prosesseringsaanleg blokkeer om ander werknemers te probeer keer om te werk.” Ngubane sê motor behoort aan ʼn werknemer by die prosesseringsaanleg. Hy sê verdagte staan intussen in ʼn ander saak tereg op aanklag van poging tot moord en is vroeër op borg vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.