Amcu-staking: Amplats dagvaar vir miljoene

Argieffoto

Argieffoto

Anglo American Platinum (Amplats) gaan die Assiociation of Mineworkers and Construction Union (Amcu) vir R591 miljoen dagvaar, aangesien hy miljoene rande per dag verloor weens Amcu se staking.

“Die maatskappy verloor 4 000 ons wat neerkom op sowat R100 miljoen se inkomste per dag,” het  Mpumi Sithole, ʼn woordvoerder van Amplats, Maandag gesê.

Amplats het Saterdag bekend gemaak dat hy Amcu gaan dagvaar vir skade en verliese wat die maatskappy gely het weens die staking.

Sithole het gesê die eis van R591 miljoen kan styg as die skade en verliese voortduur. “So lank as wat Amcu se onregmatige optrede voortduur, sal die skade toeneem,” het Sithole gesê.

Die platinumsektor gaan gebuk onder die beskermde Amcu-staking. Nagenoeg 80 000 Amcu-lede het op 23 Januarie begin staak. Die vakbond eis ʼn basiese salaris van R12 500 per maand vir myners. Dit is meer as dubbel die huidige intreesalaris.

Gesprekke tussen Amcu en die wêreld se top drie platinummyne, Impala, Lonmin en Amplats in Noordwes, gaan Maandag met behulp van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) hervat. -SAPA

Lees ook:
AMCU-staking: Onderhandelinge met KVBA hervat
Platinumfirmas gaan KVBA glo alleen raadpleeg
Amcu-betoger glo deur polisie doodgeskiet
Amcu-lid vas vir saakbeskadiging
Amcu-staking: Lede gaan nuwe aanbod verwerp
Amcu-staking: Laaste dag van gesprekke
Amcu-staking gaan voort
Amcu-onderhandelings duur voort
Amcu-staking: Drama by Amplats
Partye vergader op dag twee van Amcu-staking
Amcu stem in tot verdere onderhandelinge
Amcu-staking: “Lonmin het busse gestop”
Stakende mynwerkers kom by Marikana-stadion byeen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.