Amcu-staking: Drama by Amplats

Amcu-lede tydens die staking in Marikana Foto: @ewnreporter op Twitter

Amcu-lede tydens die staking in Marikana Foto: @ewnreporter op Twitter

Veiligheidswagte het glo stakende mynwerkers by Anglo American Platinum (Amplats) se Khuseleka-myn in Rustenburg, Noordwes, met waterkanonne bestook, het Amcu Vrydag gesê.

“Die situasie is buite beheer en die gemoedere loop hoog,” het Evans Ramokga, ʼn koördineerder van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), gesê. “Veiligheidsbeamptes van die myn het sonder dat enige mynwerker hul uitgelok het, die werkers met water gespuit. Die werkers het buite die myn se operasionele gebied byeengekom om te betoog.”

Ramokga sê die betogers het hierop reageer deur die veiligheidswagte met klippe te bestook.

“As die betogers enigiets verkeerd gedoen het, moes hulle die beamptes of vir my daarvan in kennis gestel het.” Ramokga het gesê meer beamptes gaan ontplooi word om te verseker dat die staking vreedsaam bly.

Die Noordwes-polisie kon nie dadelik die voorval bevestig nie.

Tot 80 000 platinummynwerkers het by Donderdag in Marikana saamgekom tydens die eerste dag van die Amcu-staking by die wêreld se top drie platinummyne: Impala, Lonmin en Anglo American. Die werkers dring aan op ʼn intreevlak-salaris van R12 500.

Lees ook:
Partye vergader op dag twee van Amcu-staking
Amcu stem in tot verdere onderhandelinge
Amcu-staking: “Lonmin het busse gestop”
Stakende mynwerkers kom by Marikana-stadion byeen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.