Amcu-staking duur voort

Amcu-lede verlede week in Marikana Foto: @ewnreporter op Twitter

Amcu-lede verlede week in Marikana Foto: @ewnreporter op Twitter

Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) se staking by Rustenburgse platinummyne in Noordwes duur Dinsdag voort.

Amcu-lede van drie van die wêreld se grootste platinummyne, Impala, Lonmin en Anglo American Platinum (Amplats) het Donderdag begin staak. Hulle eis ʼn intreesalaris van R12 500 per maand. Mynbestuur voer aan Amcu se eise is onbekostigbaar.

“Amcu se leiers sal na verwagting Dinsdag stakende werkers oor die jongste verwikkelinge inlig,” het Lazarus Khoza, die vakbond se verteenwoordiger by Amplats se Khuselela-myn, gesê. “Ons vergader weer vandag. Intussen gaan die staking voort. Ons hoop om vandag teen 11:00 van ons leiers te hoor.”

Intussen het kol. Sabata Mokgwabone, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, gesê geen voorvalle van geweld is sedert Maandagaand aangemeld nie.

Onderhandelings om die staking te beëindig duur ook Dinsdag voort in Pretoria en word deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gefasiliteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.