Amcu-staking gaan voort

Amcu-lede verlede week in Marikana Foto: @ewnreporter op Twitter

Amcu-lede verlede week in Marikana Foto: @ewnreporter op Twitter

Stakende platinummynwerkers van Rustenburgse platinummyne gaan Maandag deur die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) toegespreek word oor Vrydag se onderhandelinge.

“Ons gaan ons lede op hoogte bring met alles wat Vrydag by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) bespreek is, asook oor wat voortaan bespreek gaan word,” het Lazarus Khoza, die vakbondverteenwoordiger by Anglo American Platinum (Amplats) se Khuselela-myn, gesê.

Hy het gesê die staking gaan voort totdat daar aan al hul eise voldoen is.

“Ons eise het nog nie verander nie.”

Amcu-lede van drie van die wêreld se grootste platinummyne, Impala, Lonmin en Amplats in Rustenburg, het Donderdag begin staak. Hulle eis ʼn intreesalaris van R12 500 ʼn maand.

Amcu, die myne se bestuurders en Mildred Oliphant, minister van arbeid, asook Susan Shabangu, die minister van minerale bronne, het Vrydag by die KVBA se hoofkantoor in Johannesburg vergader.

Besprekings gaan na verwagting van Maandag tot Woensdag in Pretoria voort.

Lees ook:
Amcu-onderhandelings duur voort
Amcu-staking: Drama by Amplats
Partye vergader op dag twee van Amcu-staking
Amcu stem in tot verdere onderhandelinge
Amcu-staking: “Lonmin het busse gestop”
Stakende mynwerkers kom by Marikana-stadion byeen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.