Amcu-staking: Laaste dag van gesprekke

Amcu-lede verlede week in Marikana Foto: @ewnreporter op Twitter

Amcu-lede verlede week in Marikana Foto: @ewnreporter op Twitter

Onderhandeling tussen platinumproduseerders en Amcu gaan na verwagting Woensdag in Pretoria afsluit.

Die onderhandelinge, wat Maandag begin het, poog om ʼn einde te bring aan die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) se staking by Rustenburgse platinummyne in Noordwes.

Die onderhandelinge word deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gefasiliteer.

Amcu-lede van drie van die wêreld se grootste platinummyne, Impala, Lonmin en Anglo American Platinum (Amplats) het verlede Donderdag begin staak. Hulle eis ʼn intreesalaris van R12 500 per maand. Mynbestuur voer aan Amcu se eise is onbekostigbaar.

Voordat die onderhandelinge Vrydag begin het, is daar berig dat die mynbestuurders ʼn verhoging van tussen 8% en 8.5% aangebied het.

Jimmy Gama, Amcu se nasionale tesourier, het Dinsdag gesê enige aanbieding wat uit die gesprekke gemaak gaan word, sal eers met sy lede bespreek word voor die staking sal eindig. -SAPA

Lees ook:
Amcu-staking gaan voort
Amcu-onderhandelings duur voort
Amcu-staking: Drama by Amplats
Partye vergader op dag twee van Amcu-staking
Amcu stem in tot verdere onderhandelinge
Amcu-staking: “Lonmin het busse gestop”
Stakende mynwerkers kom by Marikana-stadion byeen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.