Amcu-staking: Lede gaan nuwe aanbod verwerp

Amcu-lede verlede week in Marikana Foto: @ewnreporter op Twitter

Amcu-lede verlede week in Marikana Foto: @ewnreporter op Twitter

ʼn Nuwe loonaanbod wat deur platinummyne in Rustenburg in Noordwes se bestuur aan stakende Amcu-lede aangebied is, gaan verwerp word.

Onderhandelinge tussen platinummaatskappye en die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Woensdag in Pretoria afgesluit.

Amcu het Donderdag gesê die nuwe loonaanbod sal vandag met sy lede in Rustenburg bespreek word, maar het bygevoeg hulle gaan die aanbod verwerp. “Die werkgewers se aanbod is nie naby aan die werkers se eis van ‘n intreesalaris van R12 500 nie, die staking sal voortduur,” het Evans Ramokga, Amcu se nasionale koördineerder, gesê.

“Ons verstaan die werkgewers se siening dat hulle nie aan ons eise kan voldoen nie, maar daar is nooit aandag gegee aan ons ander voorstel om ʼn R7 500 loongaping oor drie jaar aan te pas nie.” Ramokga het gesê werkers verdien tans R5 000, en die vakbond het voorgestel dat R7 500 aangebied word en oor drie jaar aangepas word, sodat werkers uiteindelik R12 500 kan verdien.

Jimmy Gama, Amcu se nasionale tesourier, het Donderdag gesê die vakbond gaan die nuwe aanbod met sy lede bespreek, maar hy is seker hulle gaan dit nie aanvaar nie. “Die werkers soek ʼn salaris van R12 500, die werkgewers se aanbod voldoen nie aan ons vereistes nie. Die aanbod sal nie deur ons lede aanvaar word nie,” het Gama gesê.

Hy het gesê die vakbond sal ‘n nuwe mandaat van die werkers ontvang en ‘n voorstel aan die platinummaatskappye voorlê wanneer hulle weer Vrydag vergader.

Die platinummaatskappye het Donderdag ‘n drie-jaar ooreenkoms voorgestel. Die voorstel is ‘n 9% verhoging vir A-vlak werkers, 8,5% vir B-vlak werkers en 7,5% vir C-vlak werkers in die eerste jaar. Die tweede jaar sal A-vlak werkers 8% kry, B-vlak 7,5% en C-vlak 7%. Die derde jaar sal die vlakke onderskeidelik ʼn verhoging van 7,5% , 7,5% en 7% kry.

Amcu-lede van drie van die wêreld se grootste platinummyne, Impala, Lonmin en Anglo American Platinum (Amplats) het verlede Donderdag begin staak. – SAPA

Lees ook:
Amcu-staking: Laaste dag van gesprekke
Amcu-staking gaan voort
Amcu-onderhandelings duur voort
Amcu-staking: Drama by Amplats
Partye vergader op dag twee van Amcu-staking
Amcu stem in tot verdere onderhandelinge
Amcu-staking: “Lonmin het busse gestop”
Stakende mynwerkers kom by Marikana-stadion byeen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Swaap ·

Van R5000 na R12500 is ‘n onmoontlike verhoging. Nee wat gee vir Juilisie die myne en maak SA se deure toe. Ek, Swaap, se so.

ai toggie ·

Wat hulle en AMCU nie besef is as dit so aangaan dank die myne mense af. Dan verdien hulle niks! En dan word daar mense wat tevrede is met R5000 ook afgedank. Dis als so flippen onnodig. Amcu hits die mense aan om te staak.

ai toggie ·

Wat hulle en AMCU nie besef is as dit so aangaan dank die myne mense af. Dan verdien hulle niks! En dan word daar mense wat tevrede is met R5000 ook afgedank. Dis als so flippen onnodig. Amcu hits die mense aan om te staak. Ek wens die ou wat daardie bedrag in hul kop gesit het kry n pyn………..

Vra maar net ·

Ek dink enige mens sal graag meer as 100% verhoging wil hê soos hulle. Waar dink hulle gaan die geld vandaan kom? Wat hulle met ander woorde wil hê, is dat die persoon wat nie eers sy naam kan skryf nie, op die einde van die dag dieselfde salaris moet verdien as die persoon wat hoeveel jaar geleer het om te wees waar hy nou is. Dis pateties om te sien hoe hierdie mense dink, as hulle enigsins kan dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.