AMCU-staking: Onderhandelinge met KVBA hervat

Amcu se president, Joseph Mathunjwa, tydens die vorige onderhandelinge. Foto: SAPA

Amcu se president, Joseph Mathunjwa, tydens die vorige onderhandelinge. Foto: SAPA

Salarisonderhandelinge tussen die stakende Assiociation of Mineworkers and Construction Union (Amcu) en die wêreld se top drie platinummyne, Impala, Lonmin en Anglo American in Noordwes, gaan na verwagting Donderdag hervat.

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het Maandag gesê dat die kommissie op 11 en 12 Februarie afsonderlik met die betrokke partye sal vergader. Die mynbestuurders het vir meer tyd gevra om die eise van die vakbond te oorweeg en om hul verskillende afdelings te raadpleeg.

Nerine Kahn, ʼn direkteur van die KVBA, het gesê die kommissie is vol vertroue dat ʼn oplossing gevind kan word.

Die platinumsektor gaan gebuk onder die beskermde Amcu-staking. Nagenoeg 80 000 Amcu-lede het op 23 Januarie begin staak. Die vakbond eis ʼn basiese salaris van R12 500 per maand vir myners. Dit is meer as dubbel die huidige intreesalaris. Die platinumvervaardigers het tydens hul vorige onderhandelinge ʼn voorstel van ʼn 9%-verhoging vir A-vlak werkers, 8,5% vir B-vlak werkers en 7,5% vir C-vlak werkers in die eerste jaar gemaak. Die tweede jaar sal A-vlak werkers 8% kry, B-vlak 7,5% en C-vlak 7%. Die derde jaar sal die vlakke onderskeidelik ʼn verhoging van 7,5% , 7,5% en 7% kry. Die KVBA tree sedert 24 Januarie as bemiddelaar op tussen die betrokke partye. – SAPA

Lees ook:
Platinumfirmas gaan KVBA glo alleen raadpleeg
Amcu-betoger glo deur polisie doodgeskiet
Amcu-lid vas vir saakbeskadiging
Amcu-staking: Lede gaan nuwe aanbod verwerp
Amcu-staking: Laaste dag van gesprekke
Amcu-staking gaan voort
Amcu-onderhandelings duur voort
Amcu-staking: Drama by Amplats
Partye vergader op dag twee van Amcu-staking
Amcu stem in tot verdere onderhandelinge
Amcu-staking: “Lonmin het busse gestop”
Stakende mynwerkers kom by Marikana-stadion byeen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.