Amcu wil Amplats-afleggings met staking keer

angloplatinumLede van die Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU) gaan Vrydagoggend begin staak in ʼn poging om grootskaalse afleggings by Anglo American Platinum (Amplats) te stuit.

Amplats het vroeg in September kennis gegee dat hy 3 300 werknemers as deel van ʼn herstruktureringsproses gaan aflê, terwyl ’n bykomende 1 600 vrywillige skeidingspakkette aangebied sal word.

Konsultasies tussen die werkgewer en Amcu, wat nagenoeg 40% van die werknemers by Amplats verteenwoordig, het op ʼn dooiepunt uitgeloop en die vakbond het die werkgewer Maandag van die beplande staking ingelig.

Die staking sal na verwagting werksaamhede by Amplats in Rustenburg en in Limpopo ontwrig. Amplats het verlede jaar aangekondig dat hy beplan om 14 000 mense af te lê as deel van ʼn herstruktureringsproses, maar het weens druk deur die regering en vakbonde, die hoeveelheid beplande afleggings tot 4 900 poste beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

hennie ·

Snaaks, hulle veroorsaak die aflegings, nou wil hulle weer staak oor dit……gaan net nog veroorsaak!!

Angelus ·

Ek kan ook nie die kloutjie by die oortjie kry van diesulkes wat nou weer wil staak oor die gevolge van hulle vorige stakings! Dis soos ‘n hond wat sy stert jaag!!!

Griet ·

Jy’s reg, en kort voor lank is hulle terug by 14 000 afleggings want die maatskappy het nie meer ander opsies nie – uiters dom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.