Die Verenigde State van Amerika het Saterdag die verkiesing in Zimbabwe as “baie gebrekkig” beskryf en gesê die uitslag wat aantoon dat pres. Robert Mugabe tot ‘n sewende termyn verkies is, nie geloofwaardig is nie.
“In die lig van omvattende onreëlmatighede in die verkiesing wat deur plaaslike en streekswaarnemers aangemeld is, glo Amerika nie dat die uitslag wat vandag [Saterdag] aangekondig is, ‘n geloofwaardige uitdrukking is van die wil van die mense in Zimbabwe nie,” het John Kerry, sekretaris van die staat, in ‘n verklaring gesê.
“Alhoewel Amerika beperk is om die verkiesing te monitor, dui die balans van bewyse daarop dat die aankondiging die gevolg is van ‘n gebrekkige proses,” het hy gesê. Hy het verwys na die onreëlmatighede in die kiesersrol, ongelyke toegang tot staatsmedia deur kandidate, ongelyke sekuriteitsbeskerming van die verkiesing en die regering se versuim om politieke hervorming te implementeer.
Kerry doen ‘n beroep op die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en die Afrika-Unie om hul besware oor die verkiesing aan te spreek en vir Zimbabwe se regering om “stappe te doen wat die mense van Zimbabwe die geleentheid sal bied om hul mees fundamentele demokratiese reg in ‘n vry en regverdige omgewing uit te druk”.
Ja-ja… En Zim se verkiesing was vry en regverdig….. Ja-ja!
Volgende gaan die Amerikaanse president ‘n persverklaring uitryk om aan te dui dat die lug blou is.
Bly dit by bevraagteken, of wat gaan julle daaraan doen ? Seker niks. Zimbabwe het nie olie nie so die “weapon of mass destruction” verskoning kan nie gebruik word nie.
Dit is net die voorloper vir SA volgende jaar!!!