Amerika gaan Rusland help met veiligheid vir winterspele

Argieffoto

Argieffoto

Verskeie koerante en ander media het Dinsdag berig dat die VSA Rusland behulpsaam gaan wees om veiligheid te verseker tydens die Olimpiese Winterspele wat binnekort in die Russiese stad Sotsji plaasvind.

Dit volg na twee selfmoordbomaanvalle in die Russiese stad, Wolgograd, waarin altesaam 31 mense dood, en talle beseer is.

Radikale Islamitiese terroriste uit outonome Moslem-republieke van die Russiese Federasie in die omgewing van Sotji word van die aanvalle verdink. Veral Tsjetseense terroriste en terroriste uit Daghestan word verdink.

Wêreldwyd word verskeie veldtogte gevoer om te verseker dat die Winterspele nie in Rusland aangebied word nie. Hieronder tel die persvryheidswaghond, Verslaggewers Sonder Grense, en verskeie gay-groepe weens Russiese wetgewing wat die gay gemeenskap raak. Die grootste fisiese bedreiging kom egter van fundamentalistiese Moslemgroepe wat na bewering bande met Al-Kaïda het, en talle terreuraanvalle soos in Moskou en Boston uitgevoer het.

Die Amerikaanse hulp sal na berig word veral verleen word via die VSA se Diplomatieke Veiligheidsdiens. Die hulp sal nie sonder presedent wees nie, maar die feit dat Rusland die Amerikaanse fluitjieblaser, Edward Snowden verblyf gegee het, en dat pres. Barack Obama Rusland oor sy houding teenoor gays gekritiseer het, en uiteenlopende standpunte oor Sirië en Iran koester, het so ‘n samewerking nogtans onverwags gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.