Vladimir Putin, president van Rusland, se woordvoerder het gesê Amerika moet wag vir die verslag van ondersoekbeamptes van die Verenigde Nasies oor die beweerde gebruik van chemiese wapens in Sirië voordat hulle militêr optree.
Dmitry Peskov het gesê Amerika se bewyse van die chemiese aanval is “nie oortuigend nie” en hy doen ‘n beroep op Washington om vir die uitslag van die verslag te wag. Hy dring daarop aan dat die sekuriteitsraad van die Verenigde Nasies die enigste liggaam is wat die gebruik van mag kan goedkeur.
Rusland is die enigste beskermer en vriend van Bashar al-Assad, president van Sirië, en maak van sy vetoreg by die sekuriteitsraad gebruik om verskeie resolusies te keer wat sanksies teen dié regime wil instel.
In hierdie Sirië saga word daar meer gelieg en bedrieg as destyds in Dallas.
Amerika is eenvoudig nou lus om aan te val, en hulle sal nie duld dat Putin se pleidooie of die Veiligheidsraad se besluite in hul pad staan nie. Dit sal bloot as verdere aansporing dien.
Ons weet mos al dat Amerika bewyse sal fabriseer indien daar nie oortuigende bewyse bestaan nie.
Amerika is twee kontinente en almal wat daarop woon is Amerikaners.EK neem aan ons praat nou van die VSA? Die land wat in die sewentigs meer as n halfmiljoen VIetnamese met agent orange vermoor en vermink het en ook Sadam Hussein gesteun het toe hy chemiese wapens op die troepe in Iran gebruik het ?