Amerika waarsku toeriste teen dié SA-stede

Amerika het glo ʼn waarskuwing aan toeriste uitgereik dat Pretoria, Johannesburg, Durban en Kaapstad “kritieke misdaad gevaarplekke” is.

Die waarskuwing is deur die Amerikaanse Buro van Diplomatieke Sekuriteit uitgereik, het The New Age Woensdag berig.

“Geweld en kontakmisdade is ʼn groot bekommernis in Suid Afrika. Sulke misdrywe sluit huisbrake, roof, kapings, straatrowe, gryp-en-spaandervoorvalle , georganiseerde aanvalle op kommersiële en kleinhandel-sentrums, kitsbankbomaanvalle sowel as transito-rowe in,” aldus die waarskuwing.

Volgens die waarskuwing huiwer kriminele nie om van dodelike wapens gebruik te maak nie, en moet informele nedersettings vermy word.

“Uitlanders word nie noodwendig geteiken nie, maar talle was al die slagoffers van verkragting.”

Jack Hillmeyer, woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, het gesê veiligheid- en sekuriteitsverslae is normale praktykte in alle lande waar Amerika se departement van buitelandse sake konsulêre dienste aan sy burgers voorsien, en dit is nie tot Suid-Afrika beperk nie. “Die meerderheid van Amerikaanse toeriste wat Suid-Afrika besoek, keer terug sonder enige voorvalle,” het hy aan die koerant gesê.

President Barack Obama besoek Pretoria en Kaapstad aan die einde van Junie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

Misdaad is mos ou nuus! Gaan stap vanaand deur Sunnyside, jy sal nie anderkant uitkom nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.