Amerikaanse akteur verras polisiebetogers

Danny Glover Woensdag tydens ‘n besoek aan president Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane / GCIS

Danny Glover, die Amerikaanse akteur en aktivis vir arbeiders, het stakende lede van die polisievakbond Popcru verras toe hy Donderdag by hul betoging by die Mary Fitzgerald Square in Johannesburg aangesluit het.

Hy het aan die betogers gesê hy ondersteun hulle. “Ek is hier namens al die werkers van Mississippi. Ons ondersteun almal mekaar, ons moet saam staan. Amandla!” het hy gesê.

Hy is vergesel deur Bob King, die president van die Automobile Workers’ Union of America (UAW). King en Glover is deur Numsa na Suid-Afrika genooi.

Popcru-lede in al die provinsies, behalwe Mpumalanga, betoog en eis onder meer dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ʼn ooreenkoms rakende salarisgraderings in plek moet stel.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.