Amerikaanse koue eis lewens

koueMinstens 15 mense is reeds dood in die bitter koue wat die noordelike en sentrale VSA teister, en hef aan lê Maandag en Dinsdag voor wanneer die aanvoelbare temperatuur na verwagting tot -51° Celsius sal daal.

Sowat 150 miljoen mense word deur die jongste koue geraak, wat sommige weerkundiges meen die koudste in ‘n dekade is. Temperature van in die orde van -38° Celsius is algemeen, en inwoners word gemaan om dit so kort as moontlik buite te waag omdat dié koue gevaarlik is.

Vroeër is berig dat honderde vlugte gekanselleer of vertraag is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Somerset (Sommie) Morkel ·

Aardverwarming is ‘n lelike ding…
En dan sit ‘n skip wat navorsing oor aardverwarming doen, ook nog vas in die ys by Antartika.
Skouspelagtige realiteit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.