Amerikaanse toeriste in ongeluk beseer

Argieffoto. Foto: Netcare911

Een man is dood en vyf Amerikaanse toeriste beseer nadat twee voertuie Sondag op die N2 naby die PPC Sementfabriek in Durban, KwaZulu-Natal, gebots het.

“Die besonderhede van die ongeluk is nog nie duidelik nie, en sal deur die owerhede ondersoek word,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, gesê. Die bestuurder van die bakkie was reeds dood toe paramedici by die toneel aangekom het. Die bakkie het tydens die ongeluk omgeslaan. Die toeriste in die ander ligte voertuig het ligte tot matige beserings opgedoen. “Alle pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle na die Netcare St Augustine’s-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.