Amerikaanse vrou 16 jaar na moord tereggestel

BassoTensy Suzanne Basso (59) op die laaste nippertjie begenadig word, sal sy vanaand om 18:00 Texastyd die 14de vrou word wat in Amerika tereggestel is nadat die Supreme Court in 1996 sy vroeëre beslissing dat die doodstraf ongrondwetlik is, herroep het.

Basso is daaraan skuldig bevind dat sy die leier van ‘n bende was wat die verstandelik erg gestremde Buddy Musso in 1998 wreed gemartel en vermoor het om sy polisgeld te kon bekom. Musso, toe 59, het die verstand van ‘n sewejarige kind gehad, en is wysgemaak dat Basso met hom sou trou.

Sy is die volgende jaar skuldig bevind en ter dood veroordeel.

Basso het reeds alle regsopsies uitgeput, en haar enigste hoop is dat sy begenadig sal word.

Die VSA het altesaam 1 366 mense tereggestel sedert die doodstraf heringestel is.

Bronne: Mail Online, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Hoekom haar so lank laat sit, en dan die doodstraf gee? Hier by ons sou sy al op parool uitgewees het. Maar nou ja, die Amerikaners doen nou een maal dinge anders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.