Amerikaner 29 jaar onskuldig in tronk

Arledge sit sy arm om sy volwasse seun na sy vrylating. Foto: AP

Randolph Arledge (58) van Texas is in 1984 ná vals getuienis 99 jaar tronkstraf opgelê vir ‘n moord wat hy nie gepleeg het nie.

Sy kinders was toe onderskeidelik vier en sewe jaar oud. Arledge is nou, na 29 jaar, op borgtog vrygelaat hangende formele prosesse om hom heeltemal vry te laat en sy skuldigbevinding tersyde te laat stel. Verskeie Amerikaners is die afgelope aantal jare vrygelaat, ook uit die dodesel, na nuwe DNS-toetse hul onskuld bo alle twyfel bewys het. Nuwe DNS-toetse het nie net bewys Arledge was onskuldig aan die moord nie, maar ook wie die eintlike skuldige is. Dié word nou gesoek.

Arledge is tronk toe gestuur weens die moord op Carolyn Armstrong. Sy is meer as 40 keer met ‘n mes gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.