Amerikaner dood aangetref in Sandton-hotel

Sandton Sun-hotel

David Ellis, ‘n Amerikaner, is dood aangetref in ‘n badkamer in ‘n hotel in Sandton, Johannesburg.

“Ellis se liggaam is Maandag omstreeks 13:00 in die Sandton Sun-hotel opgespoor,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Dit is nog nie seker wat die oorsaak van sy dood is nie. Hy is Saterdag omstreeks 12:00 laas gesien toe hy saam met ‘n vriend in ‘n restaurant geëet het.”

‘n Hotelbestuurder het op die liggaam afgekom. “Niks is uit sy kamer verwyder nie en tans word daar nie vuilspel vermoed nie,” het Dlamini bygevoeg. ‘n Nadoodse ondersoek is Dinsdagoggend uitgevoer, maar die oorsaak van sy afsterwe kon nog steeds nie bepaal word nie.

“Die Amerikaanse ambassade is van sy dood ingelig en hulle is tans besig om die nodige reëlings te tref om sy oorskot terug te stuur Amerika toe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.