Hashim Amla (29) het gister die eerste kolwer in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse toetskrieket geword om meer as 300 lopies in ʼn kolfbeurt aan te teken.
Amla het ʼn onoorwonne 311 lopies in net meer as 13 uur aangeteken op die Oval in Suid-Afrika se eerste beurt van die eerste toets teen Engeland. Amla het hiermee AB de Villiers se rekord van ʼn onoorwonne 278 lopies wat in 2010 teen Pakistan behaal is verbeter. Hy en Jacques Kallis het ook vir nog ‘n rekord gesorg deur hulle vennootskap van 377. Die vorige rekord was deur die Engelse paar John Edrich en Denis Compton (370) teen Suid-Afrika op Lords. Amla en kaptein Graeme Smith (131) het 259 lopies om die tweede paaltjie gedeel. Die Proteas het hul kolfbeurt op 637 vir 2 geëindig met ‘n voorsprong van 252 lopies.