Ammunisie agter in Vrystaat-erf gekry

Vier emmers vol haelgeweer-ammunisie is Woensdagoggend agter in ʼn erf van ʼn huis in Sasolburg in die Vrystaat gevind.

Konst. Peter Kareli, ʼn polisiewoordvoerder, sê mense wat opknappingswerk aan die huis in Vaalpark gedoen het, het die emmers onder ʼn hoop grond gevind. Die werkers het ʼn gat met die grond opgevul toe hulle op die emmers afgekom het.

Die polisie is ontbied en sal die saak verder ondersoek. Die polisie is ook op soek na die eienaar van die huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.