Amok in Kaapstad se middestad

Swaargewapende polisie versper Walestraat tydens die betoging Foto: Graeme Raubenheimer/EWN

Swaargewapende polisie versper Walestraat tydens die betoging Foto: Graeme Raubenheimer/EWN

Betogers het Woensdag amok gemaak in Kaapstad se middestad nadat hulle op die Wes-Kaapse wetgewer en St George’s Mall toegesak en winkels en stalletjies geplunder het.

Volgens kapt. Frederick van Wyk was die polisie deurgaans op die toneel en is hulle steeds op die toneel ná klagtes van plundery en eiendom wat beskadig is. “Die betogers sing en hou steeds optogte,” het Van Wyk gesê. “Sommige mense hardloop in die strate rond en plunder winkels en stalletjies.”

Alhoewel die polisie die mense se reg om te betoog erken, word daar van hulle verwag om binne die wet op te tree. “Dit beteken ook dat ander mense se regte gerespekteer moet word en dat eiendom nie geplunder of beskadig mag word nie.”

EWN berig die betogers eis grond en huise. Die betogers het Woensdagmiddag gesê hulle gaan nie uit die middestad beweeg alvorens Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, hulle toespreek nie.

Volgens Van Wyk het ongeveer 3 500 mense aan die betoging deelgeneem.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Klik hier vir nog foto’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasper ·

Hierdie dinge gebeur feitlik daagliks en jy hoor nooit weer daarvan nie. Maar laat n paar Blankes aan n vreedsame optog deelneem, dan is dit rassisme en wat nog en selfs kritiek van wesens soos mnr Pakendorf & kie.

Hannes De Beer ·

So drom die vetgevrete plunderaars en brandstigters weer saam.
En elke keer word nog ‘n stukkie van ons kosbare land se ekonomie en infrastrukuur afgetakel, stelselmatig doelgerig.
Het die owerhede steeds beheer oor die situasie?
Of pas hierdie anargie Afrika styl juis soos ‘n handskoen in die owerhede se strategie?

Amy ·

Lyk my dis nie rassisme as die optog met ‘n geplundery gepaard gaan nie.. As dit ‘n vreedsame optog is, is dit rassisme… Nou hoe nou?

Hul is ‘n spul amokmakers, wat alles net wil hê.

En dan is daar optogte (natuurlik meer ‘n geplundery), waar die kinders almal tussen 6jaar en 13 jaar oud was…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.