Amor: ‘ʼn Engel sweef oor Loftus’

Amot Vittone. Foto: Skermskoot/eNCA-video

Amor Vittone. Foto: Skermskoot/eNCA-video

Amor Vittone het Vrydag, tydens die gedenkdiens vir Joost van der Westhuizen, gesê haar man het so lank as moontlik probeer uithou vir sy kinders.

“Die hemel het nog ʼn engel om die troon gekry,” het ʼn emosionele Vittone gesê. Sy het vertel van die aantreklike man met die “pragtigste oë” wat haar voete onder haar uitgeslaan het. “Vir lank was ons lewe ʼn sprokiesverhaal. Ons het oor die wêreld heen gereis en ons het die wonderlikste herinneringe. Hy het my geleer om voluit te lewe.”

Vittone het gesê hul sprokiesverhaal het wel sy uitdagings gehad en hulle is vir ʼn ruk uitmekaar. “Maar daar was iets soveel groter – ons kinders, Jordan en Kylie. Dit is die belangrikste band wat ons gedeel het. Hy het gelewe om ʼn pa te wees.”

Sy het gesê Van der Westhuizen het die afgelope sewe jaar hard baklei. “Ek glo hy het so hard baklei vir sy kinders. Hy wou so lank as moontlik leef. Hy het vir hulle liefde gegee. Hy was so opgewonde oor Jordan se geboorte.” Vittone het aan Jordan gesê hy was net oud genoeg om aan sport deel te neem toe sy pa siek geword het.

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

“Hy het jou egter soveel meer gegee wat binne jou sal voortleef. Jou dryfkrag, sensitiwiteit en leierskap het jy alles by hom gekry en moet dit nooit vergeet nie.” Vittone het ook vir hul dogter Kylie ʼn boodskap gehad. “Jy was jou pa se klein prinses en hy was gek oor jou. Jou goedhartigheid, stil natuur, dapperheid en aansteeklike lag het van jou pa af gekom en mag jy dit nooit vergeet nie.”

Volgens Vittone het sy en Van der Westhuizen mekaar byna daagliks gesien. “Ek sal nie ontken dat ek bang is nie. Die groot taak lê nou vir my voor, om ons kinders alleen groot te maak. Ons is steeds in skok, ons is hartseer en ons rou. Ons het geweet die dag kom, maar jy kan nie voorberei nie. Hy is nou vry van die siekte en van sy lyf.”

Vittone het Van der Westhuizen se ouers geloof omdat hulle elke dag hul beste gegee het. “Joost, dankie dat jy my eerste liefde was. Dankie vir ons sprokiesverhaal en die grootste geskenk, Jordan en Kylie. Hulle het gevra ek moet sê: ‘Totsiens dadda, jy het die wêreld vir ons beteken’. Joost ons is lief vir jou, ons mis jou en sal jy sal vir altyd in ons harte bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

annie ·

ek dink aan JOOST se kinder ma pa en broer Joost jy is nou n engel met die mooiste wit vlerke m hart breek vandag bir sy geliefdes Rip JOOST

PJN ·

Was ‘n baie mooi diens gewees. Ek eer jou ook Amor vir die wonderlike mens wat jy vir Joost was tot op die einde. Ek hoop jou voet genees spoedig. Ek het op hierdie dag my hart uitgehuil as ‘n geharde Leeu-ondersteuner. Joost rus in vrede en lewe voort waar geen pyn, siekte, trane of moeite gaan wees nie, waar jy net die heerlikheid van God sal kan ervaar.

Marietjie ·

Amote jy is n yster by gesttsn tot sy dood mag God jou seen. Deur als het ju Joost bh gestaan en kids bettokke gehou. Pragtigd diens. Word goi gesond

Trudie ·

Dit was n baie mooi diens. Dankie Maroela Media vir die fotos. Baie sterkte aan die familie en kinders.

Eddie ·

Joost jy was nie net ons held nie jy is nog ons held veraltyd. Rus in vrede J10.

Hannelie ·

Amor baie sterkte vir jou en die taak wat voorlê. Jy is die een wat al die eerste met hul moet deel. Hul skoolloopbaan as hul klaarmaak, matriekafskeide, troues. Ek dink aan jou en my hart gaan uit na julle as familie.

anoniem ·

joost jy was en bly n held rus in vrede da bo by die engele amore sterkte vir jou en die kinders.. klein gediggie . if tears could build a stairway and heartache made a lane i would walk the path to heaven and bring u back again .our family chain is broken and nothing seems the same but as god calls us one by one i would bring u ack again … if love alone could have saved u u never would have died rus in vrede joost

franje van spanje ·

Well done, Amore. Jy was so waardig vandag. Ek dink met n wrang smaak aan vrouens wat geen respek vir die huwelik het nie. Hulle weet wie hulle is…

Christine Maartens ·

Joost jy was die beste rugby speler .Jy was en is almal held en sal nog steeds wees. Rus in vrede daar by die Hemelhuis waar jy geen pyn en seer het nie. Amor God sal elke oomblik saam jou wees die krag en genade gee om jou en Joost se pragtige kinders groot te maak. Innige simpatie aan sy ouers en broer wat hom aldie jare bygestaan het. GOD IS LIEFDE

LMF ·

Amore jy het jou skoene al was dit net aan een voet volgestaan jy was pragtig en jou liefie vir Joost het op jou gesig geblom jy is n yster al voel dit nie nou so vir jou nie tyd genees maar daai memories sal altyd met jou wees en daar is baie mooies en dan het jy jul 2 pragtige kids wat jy nou moet grootmaak en hul kan net met trots hul koppe lig en weet hy was en is hul PA sterkte aan jul almal

Helen ·

Amore Sterkte Dankie dat ons deel kon wees om ons laaste eer te toon aan ons Blou Oog Boet. Ons sal hom nooit vergeet. Hoop jou voet word gou beter. Jul is in ons gebede.

Thea Gerber ·

Sterkte Amore en kinders. Ek word so de duiwel in as RSG van Amore praat as Joost se vervreemde vrou. Dit kan eerder eks-vrou of voormalige vrou wees. Vervreemd was hulle wraggies nie. Sy het hom elke dag gesien en hom bygestaan.

Yolanda ·

Sterkte Amore en die twee kinders. Hy sal gemis word. Hy was ons nommer een in die land. Baie hartseer vandag toe ek diens waar neem.

Wilmien Myburgh ·

Amor ek is so dankbaar dat jy besef het hoe belangrik Joost en sy kinders vir mekaar was en dat jy hulle onselfsugtig met hom gedeel het. Moenie vir jou steur aan lelike opmerkings nie en laat ons Hemelse Vader vir jou lei met die moeilike taak wat voorlê

Lin ·

Ek haal my hoed af vir jou Amor, jy het ten spyte van al die kritiek teen jou, nog steeds jou waardigheid behou. Jou kinders sal jou voorbeeld navolg. Joost se kersvalm is uitgedof omdat sy dagbreek in die Hemel aangebreek het.

T ·

Baie dankie dat al die mooi en positiewe boodskappe wat geplaas word. Want as ek my oe toemaak en dink aan Joost en Amor sien ek net die mooi. Pieter jy is n yster dis die mees uitmergellende taak om na iemand so na aan jou 24/7 om te sien
Sterkte!

Marianne ·

Ek haal my hoed af vir elke leier van hierdie uiters pynlike siekte – die pasient wil nie meer lewe nie. Hulle wert hulle moet gaan.
My vriend Deon het gelei en met ‘n strak glimlag gese….waarom nie ek nie? Waarom moet iemand anders lei.
Aan elke leier – aan elke geliefde en vriend…. DIE HERE HET GEGEE EN DUE HERE HET OF GAAN NOG NEEM…. NIE EEN VAN JULLE IS UIT ONS DENKE OFGEDAGTES.

WEES GELIEFD LIEWE MENS.

Suzie ·

Dit was n baie moeilike week vir al ons Bulle, Bokke en mense met n opregte hart! Ek glo een en elk het saam gehuil. Mag ons almal iets hier uit saam neem in die toekoms en eerder mekaar se laste help dra, mekaar eerder oplig as vertrap en opreg mekaar bystaan ondersteun en dra in ons gebede! Kom laat ons dade n positiewe beeld uitdra van nou af soos wat ons almal Joost wil en gaan onthou! Lewe Voluit! Staan Saam! Ons groet jou met BAIE respek! Vlieg hoog oor Loftus!

Pieter ·

My hart gaan uit na die mense na aan Joost. Ek glo Joost is nou genees en by God. Ek eer Joost dat hy berou getoon het vir sy foute en dit bely het.
** Ek weet net dat GEEN mens ooit ‘n ENGEL word nie!
“Dit is nie aan engele dat Hy die toekomstige wêreld, waarvan ons praat, onderwerp het nie.”
HEBREËRS 2:5 AFR83

**Mense sal oor engele oordeel:
“Of weet julle nie dat die GELOWIGES oor die wêreld sal oordeel nie? …… WEET JULLE NIE DAT ONS OOR DIE ENGELE SAL OORDEEL NIE? Dan tog seker ook oor alledaagse dinge.”
1 KORINTIËRS 6:2‭-‬3 AFR83

**Ons is eerstens GEESTELIKE WESENS. Ná ons sterwe gaan ons GEES hemel toe, en ons sal dan ‘n HOËR POSISIE AS ENGELE HÊ. Maar: ONS WÓRD NIE ENGELE NIE.

“Van watter engel het Hy ooit gesê: ‘Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het’? Is hulle dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie?”
HEBREËRS 1:13‭-‬14 AFR83

Ek is oortuig Joost se GEES is nou by God, maar hy is níé ‘n engel nie!

Sonia ·

Dit was asof al die hoop en opgewondenheid van 1995 op Loftus bymekaar gekom het. Ons het almal getreur oor dit wat was. Joost was een van die manne wat vir Suid Afrika ń visie gegee het. Vrydagoggend, veral na wat ons die vorige aand in die parliament moes aanskou, het ons ń kans gegee om ń arendsvisie oor die verlede en hede van Suid Afrika te hê. Ons het nog hoop waaraan ons kan vashou. Met die gees waarmee Joost uitgehou en aangehou het kan ons na mekaar omsien en hoop op ń toekoms vir Suid Afrika. Ek glo dat Amore en haar kinders in wysheid gegroei het en vir ons ń voorbeeld is in vergifnis. Mag hulle vashou aan wysheid en in elke lewensbesluit onthou dat niks verniet bekom is nie.

Ano ·

Net Ekke – ek se ook so en MM haal my kommentaar af. Wat jy saai sal jy maai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.