Amor Vittone soek interdik teen Joost van der Westhuizen

Amor Vittone, Joost van der Westhuizen se vervreemde vrou, gaan glo ʼn interdik ten hom aanvra.

Sy beplan om in die komende week ʼn dringende interdik in die Pretoria-hooggeregshof aan te vra, berig Beeld.

Amor wil hierdeur verhoed dat Joost haar glo verder in die openbaar belaster en in maniere optree wat haar benadeel.

Selwyn Shapiro, Amor se regsverteenwoordiger, sê in ʼn prokureursbrief: “Dit het onder my aandag gekom dat mnr. Van der Westhuizen in die laaste maande klaarblyklik probeer het om me. Vittone in die openbare media en op sosiale netwerke te belaster en te beledig. Gevolglik word me. Vittone met geen keuse gelaat as om die dringende interdik aan te vra nie, tensy mnr. Van der Westhuizen my betyds voorsien van ’n onvoorwaardelike onderneming dat hy dit (die opmerkings in die openbaar) sal staak.”

Amore se regspan voer ook aan dat hulle bekommerd is oor die kinders se veiligheid wanneer hy bestuur en ook wanneer hulle by hom by sy huis is.

Joost het aan die koerant gesê hy is nie bewus van die beplande interdik nie. Hy het ook ontken dat die kinders onveilig is by hom weens sy motorneuronsiekte. Hy sê hy het ’n doktersbrief wat bewys dat sy kinders veilig by hom is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Max ·

Wie kan hierdie snert glo? Wat dink Amor sal Joost bereik om haar te verneder? Ek sal vir haar bid dat die dag dat sy besig is om uit tyd uit te hardoop haar familie nie haar kinders ook van haar sal vervreem soos sy met Joost doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.