Amper 27 miljoen mag in Mei stem

Byna 2,5 miljoen Suid-Afrikaners het stemlokale die afgelope naweek besoek om vir die eerste keer as kiesers te registreer, van stemdistrik te verander of hul adresbesonderhede by te werk.

Glen Mashinini, voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte, en kommissarisse van die OVK het verslaggewers Dinsdag in Kaapstad op die hoogte gebring van die verloop van die tweede en laaste registrasienaweek, berig African News Agency.

Mashinini het gesê sowat 700 000 stemgeregtigdes het vir die eerste keer geregistreer en sal nou hul kruisies mag trek in die nasionale en provinsiale verkiesing wat na verwagting in Mei vanjaar gehou sal word.

Dis bemoedigend hoeveel burgers geregistreer het om te stem.

“Die kieserslys ná die registrasienaweek bevat altesaam 26 727 921 name,” het Mamabolo gesê.

Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het intussen gesê hy is dankbaar vir die groot getal kiesers wat die naweek by stemlokale opgedaag het, veral in die beleërde Vuwani in Limpopo.

“Dis bemoedigend hoeveel burgers geregistreer het om te stem en wat hul adresse nagegaan het. Ons loof diegene wat registrasiepunte besoek het aangesien hul toewyding sal lei tot ʼn beter toekoms vir Suid-Afrika en ons demokrasie versterk,” het hy Sondag in ʼn verklaring gesê.

Een van die min haakplekke was toe minstens 56 kieserregistrasiepunte in die Oos-Kaap Saterdag laat geopen het weens diensleweringsbetogings en ontevredenheid met die afbakeningsproses, het die OVK op die eerste dag van die naweek gesê.

Kiesers wat steeds onseker is of hulle geregistreer is en waar hulle kan stem, kan die OVK se webwerf besoek en hul ID-nommer invoer vir besonderhede oor hul registrasie, stemlokaal en wyknommer.

So nie kan kiesers ʼn SMS met hul ID-nommer aan 32810 stuur.

Kiesers in die buiteland moet in die ambassade, hoë kommisariaat of konsulaat stem waar hulle hul VEC10-kennisgewing van hul voorneme om te stem ingedien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dorinda Candiotes ·

Nie almal wat 1e registrasie was kan stem nie…. jy kan op 16jr registreer maar eers op 18 stem. Wonder wat is die persentasie wat wel mag stem?

legens ·

wonder hoeveel galbrakers gaan wegbly van die stemlokaal ? om te stem is al manier om verandering in die land mee te bring . nie alleen is dit jou plig om te stem nie , maar doen dit ter eer aan die talle mense wat hulle lewens gegee het sodat jy die reg mag uitoefen .

Kobus ·

Ons wittes kon nog altyd stem. So ek weet nie wie hulle lewens gegee het sodat wittes kan stem nie.

fals ·

ja asof stem nou gaan help want weer soos dit oor en oor bewys is gaan een party wen. want n maand voor als word 2 huise weg gegee en dan reken almal hulle kry huise.
en ook dis so groot klug spul want oneerlik is. wat well moet gebeur is ons moet mense van oorsee in kry wat die stemme beheer en tel dan sal ons die ware telling kry

John ·

Ja, en so hou die ANC die wereld gelukkig en draai ‘n rat voor die IMF en die VN se oè, dat hierdie ‘n wonderlike demokrasie is… en kyk ma, dit werk soos ‘n bom. En daarna kla ons en kerm ons oordat die ANC net doen wat hy wil en vat wat hy wil. ‘n Wegblystem sou die antwoord wees, maar hoeveel wittes en ander is hier wat, nie maar weer die pers inkies aan die vinger wil he nie… kieme of te not… Ons sit nou al met Pieter no 3 in die koor… maar weer glo ons, die’ keer gaan die boere ‘n staanplekkie in die Kaapse kry… so teen die berg.. daar links waar die wind minder waai…

Julie J. van Rensburg ·

En die stemme gaan maar weer op die gewone manier getel word – hope stukkies papier wat volgens party gemerk is – dis hoogtyd dat daar na elektroniese stemmery oorgegaan moet word – in elke stemhokkie ‘n sleutelbord en druk net op die sleutel van jou party vir wie jy stem, wat dan outomaties geregistreer word, en wat NIE deur sekere mense gemanipuleer kan word om met die uitslae te kul nie… Ek vermoed daar GAAN WEER – soos in die verlede – ‘n manipulasie met die uitslae wees om ‘n sekere party te bevoordeel… viva, MZANZI! Viva, kommunisme!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.